Sale!

Blomme in sy- en organzalint boek

$12.06

Description

Blomme

in sy- en organzalint

 

Di van Niekerk & Marina Zherdeva

 

_______________________________________

 

 

260 x 193 mm

 

160 bladsye

 

Sagteband met flappe

 

RRP: R220.00

 

ISBN 9781928201014

 

 

 

 

Little Flowers Cover_Jan14_Afrikaans.indd

 

 

Hierdie boek met onweerstaanbare stap-vir-stap-projekte is toegespits op klein blommetjies in sy- en organzalint. Deur garing- en lintborduurwerk, stumpwerk en ander tegnieke te kombineer, kan jy bekoorlike aarbeiblommetjies, pragtige narsings, madeliefiekrans, manjifieke wilderose, 3D kamille- en papawerblomme met skoenlappers en liewenheersbesies en nog baie meer maak.

 

 

Poppies by Marina Zherdeva in Little Flowers book

 

 

 

Sylintentoesiaste, van groentjies tot ervare borduurders, sal in dié boek hope inligting en nuwe tegnieke kry wat hulle sal inspireer en in staat stel om ’n groot verskeidenheid lewensgetroue blomme en diertjies van lint en gare te skep.

 

 

Ring of Daisies by Di van Niekerk

 

 

 

Al die voltooide projekte is kleiner as A4-grootte en patrone van al die oorspronklike ontwerpe word ingesluit. Daar is maklik verstaanbare aanwysings oor hoe om die borduur- en stumpwerk in lae aan te bring sodat die verruklike driedimensionele voorkoms verkry word. Volledige stap-stap-foto’s en ’n geïllustreerde lys van steke maak al die projekte haalbaar.

 

 

 

 

For more information about this book click here

Enjoy!